Home/Tuis Blad

Kom geniet ‘n rustige aftrede met plattelandse atmosfeer hier in die Overberg.

Overberg Tehuis is alombekend vir sy rustige huislike atmosfeer, waar die welwees van ons inwoners vir ons baie belangrik is en persoongerigte versorging uitgeleef word.

Overberg Tehuis “Sowaar ‘n Tehuis met ‘n Verskil”

VISIE

OMGEE SONDER END
Die bevordering van aktiewe en menswaardige veroudering.

MISSIE

Geïnspireer deur Christus as voorbeeld is OVERBERG TEHUIS se missie ‘n persoon gerigte sorg vir ouer persone. Ons doen dit deur toegewyde, vaardige personeel met hulp van die gemeenskap van Riviersonderend, gesetel in ons mooi plattelandse omgewing.

Ouer persone word ondersteun om as deel van die samelewing kwaliteit lewens te lei en om hul menswaardigheid te behou.

WAARDES

Toewyding om te dien: Aan mense in nood, relevant, bekostigbaar, nie-diskriminerend (ras, geslag, godsdienstige affiliasie)

Geregtigheid: Regverdigheid; waardigheid; vermy alle vorme van diskriminasie

Uitnemendheid: Die allerbeste diens aan die verbruiker/kliënt; kwaliteit; dienste relevant, volhoubaar en effektief is; spanwerk; doeltreffende kommunikasie

Rentmeesterskap (aanspreeklikheid): Verantwoordelik; eerlik; persoonlike aanspreeklikheid; integriteit

‘n Samelewing wat sy ouer mense nie waardeer nie, ontken sy wortels (herkoms) en stel sy toekoms in gevaar. Kom ons streef daarna om hul vermoë te verbeter om hulself so lank as moontlik te onderhou en, wanneer hulle dit nie meer kan doen nie, om vir hulle te sorg.

Nelson Mandela

Ons is ‘n geregistreerde NPO (NPO 011-891) en Openbare Weldaadsorganisasie (930006348), ‘n program/diens van Badisa; ‘n ouetehuis in Riviersonderend.

Ons is geregistreer vir 40 en het kapasiteit vir 38 inwoners. Ons het tans 38 inwoners, met 12 wat nie die volle maandelikse koste kan bekostig nie en deur fondsinsameling gesubsidieer word. Ons het ook vyf gestremde persone wat spesiale sorg benodig.

Ons het 31 enkelkamers en 4 dubbelkamers. Ons het ook 6 woonstelle wat onafhanklik woon. Ons berei maaltye vir alle inwoners voor, met ‘n maksimum kapasiteit van 52 en personeelkomplimente van 30.

Come and enjoy a peaceful retirement with country atmosphere here in the Overberg.

Overberg Tehuis is well-known for its peaceful homely atmosphere, where the well-being of our residents is very important to us and person-oriented care is experienced.

Overberg Tehuis “Truly a Tehuis with a Difference”

VISION

CARING WITHOUT END
Promoting active and dignified ageing.

MISSION

Inspired by Christ as an example, OVERBERG TEHUIS’ mission is person-oriented care for older people. We do this through dedicated, skilled staff with help from the community of Riviersonderend, based in our beautiful rural surroundings.

Older persons are supported to lead quality lives as part of society and to maintain their human dignity.

VALUES

Commitment to serve: To people in need, relevant, affordable, non-discriminatory (race, gender, religious affiliation)

Justice: Fairness; dignity; avoid all forms of discrimination

Excellence: The very best service to the consumer / client; quality; services are relevant, sustainable and effective; teamwork; effective communication

Stewardship (accountability): Responsible; honest; personal accountability; integrity

A society that does not value its elders denies its roots (origin) and endangers its future. Let us strive to improve their ability to support themselves as long as possible and, when they can no longer do so, to take care of them.

Nelson Mandela

We are a registered NPO (NPO 011-891) and Public Benefit Organisation (930006348), a programme/service of Badisa; an old age home in Riviersonderend.

We are registered for 40 and have capacity for 38 residents. We currently have 38 residents, with 12 who cannot afford the full monthly cost and are subsidized through fundraising. We also have five disabled persons who require special care.

We have 31 single rooms and 4 double rooms. We also have 6 flatlets that are independent living. We prepare meals for all residents, with a maximum capacity of 52 and staff compliment of 30.